Algemene Nuus / General News

Geluk aan Alec Koch Gr 8 Tennisspeler

Alec Koch, ‘n tennisspeler in gr. 8, het Suid-Afrika by die Under 14 African Junior Teams’ Competition (AJTC) op die kleibane in Kaïro, Egipte verteenwoordig.

Alec en sy twee spanmaats het ‘n podiumplek behaal en in die derde plek geëindig – ‘n indrukwekkende prestasie!

In die eerste rondte het hul Kameroen 3-0 geklop. In die volgende twee rondtes het hulle naelskraap teen Marokko en Egipte verloor.

Hulle het die bronsmedalje-uitspeelwedstryd teen Tunisië 3-0 gewen.