Norman-Hauzer Prestige Byeenkoms 2026
Die Norman-Hauzer Prestige Byeenkoms het as die fnale slypskool vir ons atlete gedien voor die komende Wynland Interhoër op 3 Februarie. Hierdie byeenkoms het weereens bewys dat ons span gereed is vir die groot verhoog, met talle persoonlike bestes en dominante vertonings oor alle ouderdomsgroepe heen.
Die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld die kragvertoning deur Vuyo Ngobeni. Op slegs 15-jarige ouderdom het hy die oog gevang met wêreldklas-naellooptye. Hy het die 100m in ‘n blitsige 10.93s gewen en die 200m in ‘n ongeloofike 21.85s afgestof. Hierdie tye bevestig sy status as een van die opwindendste jong naellopers in die land.
Sien pdf vir die uitslae.





























