Algemene Nuus / General News

Uitslae Nasionale o.15-tennistoernooi

Die o.15-tennisspan van Paul Roos het tweede geëindig by die Nasionale o.15-tennistoernooi in Pretoria.

Die PRG-manne het in die finaal naelskraap met 5 – 3 teen Grey Kollege verloor.
Die span het bestaan uit Tristan van der Merwe, Dawid Fourie, Liyema Mancoba, Christian Oberhofer, Rocco Noades, Daneel Bester en Dawid-Wiese Viljoen.

Finale uitslae na die laaste dag:
1. Grey Kollege
2. Paul Roos Gimnasium
3. AHS A
4. Potchefstroom Gimnasium
5. Kearsney College
6. AHS B
7. St Benedicts
8. HS Menlopark
9. HS Garsfontein
10. HS Waterkloof