30th Kearsney Tennis Festival
Baie geluk aan ons eerste tennisspan met hul oorwinning by die 30ste Kearsney Tennis Festival in Kwazulu-Natal.
Die PRG-span het die sterk span van Afrikaans Seuns Hoër Seunskool (Affies) 5 – 3 in die finaal geklop.
Die span is deur Hanno Bouwer, Luke Verwey, Tristan van der Merwe, Sebastian Oosthuizen, Zach Jooste, Simeon Roothman en Liam Badenhorst verteenwoordig.
Die volgende spelers is as die beste in hul onderskeie posisies aangewys: Luke Verwey was die beste nommer 2, Tristan van der Merwe die beste nommer 3 en Simeon Roothman die beste nommer 6.
Die PRG-span het die volgende uitslae behaal:
PRG klop Trinity House: 9 – 0
PRG klop Westville: 7 – 2
PRG klop Affies: 14 – 13 (punte)
PRG klop Grey College: 5 – 3 (semifinaal)
PRG klop Affies: 5 – 3 (finaal)
‘n Spesiale gelukwensing gaan aan Hanno Bouwer, Sebastian Oosthuizen en Simeon Roothman wat die eerste tennisspan in hul 50ste wedstryd verteenwoordig het.

Posted on 11 May 2026 under
Algemene Nuus / General News, Onlangse Nuus / Recent News, Sport, Tennis