Departement van Onderwys Vaardigheidskompetisie
Op Saterdag 17 September het Ivan Radley (klavier) en Xavier Strydom (sang) aan die Departement van Onderwys se Vaardigheidskompetisie deelgeneem. Xavier Strydom is as wenner in die Kontemporêre Sangkategorie 2022 aangewys. PRG se blaasorkeslede het ook deelgeneem aan die massa ensemble wat die talent van jong blaasinstrumentspelers vanuit die Wes-Kaap ten toon stel. Dit het by die Hugo Lambrecht Sentrum plaasgevind.