Frank Myburgh Twilight Gala
Die PRG-swemspanne het op 15 Februarie aan die Frank Myburgh Twilight Gala deelgeneem.
Die A-span het vir die derde agtereenvolgende jaar die gala gewen. Volgens die gala-reëls mag die B-span se punte ongelukkig nie in berekening gebring word nie; die span het egter nie-amptelik tweede geëindig.
Baie geluk met die puik uitslae.