Algemene Nuus / General News

Geluk aan Paul Roos o. 19 B-tennisspan

Baie geluk aan Paul Roos se o. 19 B-tennisspan wat die afgelope drie dae aan die CR van der Merwe Tennistoernooi, aangebied deur Curro Durbanville, deelgeneem het.

Die span het al hul wedstryde oortuigend gewen en vir Paarl Gimnasium in die finaal 4 – 0 geklop.

Die spanlede was: Dawid Fourie, Nicolas Lourens, Daneel Bester, Robbie Smith en Dawid-Wiese Viljoen.

Die uitslae was soos volg:

PRG klop Bellville Hoërskool: 6 – 0
PRG klop Paarl Gimnasium: 5 – 1
PRG klop Paarl Boishaai B: 6 – 0
PRG klop Stellenberg Hoërskool: 4 – 0 (semifinaal)
PRG klop Paarl Gimnasium: 4 – 0 (Finaal)