Geluk aan Paul Roos-tennisspelers
Uitstekende uitslae is behaal deur die Paul Roos-tennisspelers wat aan die SA Tenniskampioenskap in Bloemfontein deelgeneem het. Slegs die top-64 seuns in elke ouderdomsgroep in die land word na dié toernooi genooi.
Alec Koch wen die nasionale o. 14-dubbelstitel en is die naaswenner van die seuns o. 14-enkelstitel.
Nege ander Paul Roosers het ook deelgeneem:
Seuns o. 18:
Hanno Bouwer (33ste)
Seuns o. 16:
Tristan van der Merwe (7de), Christian Oberhofer (11de), Daneel Bester (20ste), Ruben Smit (31ste), Johan Maritz (49ste) en Rocco Noades (beseer).
Seuns o. 14:
Nathan Sloan (33ste) en De Villiers Wickens (54ste).
Verskeie Paul Roos-tennisspelers het in die vakansie aan toernooie regoor Suid-Afrika deelgeneem.
- Luke Verwey wen die dubbelstitel en haal die finaal van ITF-enkelstoernooi in Zimbabwe.
- Tristan van der Merwe wen die dubbelstitel en haal die finaal van o. 16-enkelstoernooi by die Super 8 in Bloemfontein.
- Alec Koch wen die enkels- en dubbelstitel (o. 14) by die Super 8 in Bloemfontein.
- Daneel Bester wen die enkels- en dubbelstitel (o. 16) by die Cape Town Mini Tournament.
- Christian Oberhofer wen dubbelstitel (o. 16) by die Cape Town Mini Tournament.
- Daniel Koch wen die enkelstitel (o. 14) by die Cape Town Mini Tournament.



































