Grond gebreek vir ‘n derde hokkie-astroturfblad
Die Universiteit Stellenbosch en Paul Roos Gimnasium het op 12 Februarie 2024 amptelik die grond gebreek waar ʼn derde hokkie-astroturfblad gelê sal word. Dié ontwikkeling vind langs die huidige Maties-hokkievelde plaas en beoog om Paul Roos Gimnasium en die US se hokkieaanbieding selfs verder te vergroot.
Sleutelrolspelers van dié projek wat reeds sedert 2021 in wording is, het die spesiale geleentheid bygewoon. Van die spesiale gaste van links sluit in: Stellenbosch Universiteit se professor Stan du Plessis (Hoof- Operasionele Bestuurder), Irfaan Dalvie (Senior Direkteur Bedryf), Anche Nortjé (Maties-hokkiebestuurder), André van Staden (Paul Roos Gimnasium-rektor) en Michael Baker (PRG-hokkiehoof).