Algemene Nuus / General News

Junior Nasionale Swemkampioenskap

Baie geluk aan die volgende swemmers wat van 21 tot 25 Maart aan die Junior Nasionale Swemkampioenskap in Gqeberha deelgeneem het.

Ons is veral trots op James Wing wat ‘n tweede plek in die 50 m-vryslag losgeswem het en Tristan van Rensburg wat tweede in die 100 m- en 200 m-borsslag gekom het.

Van links na regs: Agter: Seth Yeowart, Alec Ellis, Luke Yeowart, James Wing, Dian Visagie en Max Nel Voor: Tristan van Rensburg en Earle van der Watt Joshua Breebaart (nie op die foto)