Sport

Kearsney Tennistoernooi: tweede agtereenvolgende wen vir Paul Roos

Paul Roos Gimnasium se eerste tennisspan het hul onoorwonne status by die afgelope naweek se Kearsney Tennistoernooi behou en het die toernooi vir die tweede jaar in ‘n ry gewen!

PRG het die groepwedstryde oortuigend gewen teen Rondebosch met 9 – 0 en Affies 6 – 0. Paul Roos wen die baie sterk span van Westville met 5 – 2 in die finaal.

Die PRG-span het weggestap met die volgende toekennings:

  1. Johan van Wijk beste nr 2
  2. Willem de Waal beste nr 3
  3. Leonardo Sola beste 4
  4. Echard de Kock, beste nr 5
  5. Sebastiano Sola beste nr 6