Netwerk24 se Skolenuuskompetisie
Die Semper-skoolkoerant was ‘n finalis in 2025 se skolenuuskompetisie (kategorie: beste uitleg).
Baie geluk aan Paul Roos se redaksiespan, en veral Ian Lubbe (matriek 2025) wat die uitleg behartig het.
Janco Saunders was ‘n finalis in die volgende kategorieë: beste nuusfoto én beste sportfoto. Hy is die wenner van die beste nuusfoto-kategorie.
Ons podsending-span (Beyond the Roos) se onderhoud met Steven Kitshoff het ook die Innovering-kategorie gewen. Baie geluk aan:
Kameraman: Llewellyn de Wet
Redigeerder: Jean Greeff
Joernaliste: Nicholas Nieman en Adam Meintjes































