Oppie Tong Af-Redenaarskompetisie
PRG het vanjaar 27 Afrikaanse toesprake tydens die eerste ronde van die nasionale Oppie Tong Af-Redenaarskompetisie gelewer.
Vier redenaars het ’n gemiddeld van 80-84% (A) behaal. Elf redenaars het ’n gemiddeld van 85-89% (A+) behaal. Twaalf redenaars het ’n gemiddeld van 90% (A++) of hoër behaal.
Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie.



































