Sport

Paul Roos 1ste Tennisspan wen Gerrie Berner Toernooi vir 5de jaar in ‘n ry

Die 1ste tennisspan van Paul Roos het na ‘n baie uitdagende naweek daarin geslaag om die Zest Fruit Gerrie Berner toernooi vir die 5de jaar agtereenvolgens te wen.

Die Paul Roosspan het vir HJS (Paarl Boyshigh) met 4 – 1 in die finaal geklop wat op die bane van Paul Roos beslis is.

Vlnr: Willem de Waal, Leonardo Sola, Johan van Wijk, Ernst Gouws, Stephen Claassen, Jake Downie, Echard de Kock en Swannie Swanepoel (Afrigter)

Die span het hul nr 2 speler, Johan van Wijk reeds Donderdagoggend teen KES (King Edward School) verloor nadat hy sy meniskus in sy knie geskeur het. Die ander span lede het die terleurstelling oorkom en die finaal aan Johan opgedra en uitstekende tennis gespeel om ‘n jong, maar sterk Boyshighspan te klop.

Paul Roos het die dubbels punt verdien deur 2 van die dubbelswedstryde met 8 – 0 te wen. Daarna het die Maroen Machine 3 enkelspelwedstryde gewen en 1 verloor ten einde die wentotaal van 4 punte te bereik. Twee orige enkelswedstryde hoef nie voltooi te word nie, want die wentotaal van 4 punte is toe reeds bereik.

Die PRG-span het as volg teen die ander skole presteer:

PRG wen Oakdale: 7 – 0
PRG wen KES: 5 – 2
PRG wen Affies: 6 – 1
PRG wen Waterkloof: 6 – 1
PRG wen Kearsney College: 6 – 1
PRG wen Grey College: 4 – 0 (Semi-finaal)
PRG wen HJS Paarl (Boyshigh): 4 – 1 (Finaal)

Die 12 skole het as volg klaargemaak:

1. Paul Roos
2. Paarl Boyshigh
3. Grey College
4. Waterkloof
5. Outeniqua
6. Affies
7. St. Stithians
8. KES (King Edward School)
9. Oakdale
10. Kearsney
11. Clifton
12. Stellenbosch

Paul Roos Gimnasium het ook vir die eerste keer aan die jaarlikse Groot 5-tennistoernooi, wat deur Hoërskool Nelspruit aangebied is, deelgeneem en die toernooi gewen.

Uitslae:
Wen Monument Hoërskool 19-1
Wen Nelspruit Hoërskool 19-2
Wen Afrikaanse Hoër Seunskool 15-4
Wen HTS Middelburg 16-0 en
Wen Boland Landbou in die finaal 5-1.

Die seuns het ook die beker gewen vir sportmanskap.