Paul Roos tennis het ‘n baie goeie naweek agter die rug deur twee tennistoernooie te wen
Die 1ste span van Paul Roos was in aksie by die 21ste Grey Tennistoernooi in Bloemfontein en is as die kampioene gekroon deur Paarl Boishaai (HJS) in die finaal met 4 – 0 te klop. Paul Roos het die vorige twee jaar in die finaal teen Grey College verloor en dus was dit ‘n soete oorwinning.

Van links na regs: Swannie Swanepoel (Afrigter), Willem de Waal, Pieter Kotze, Hanno Bouwer, Xander Pienaar, Sebastian Oosthuizen, Luke Verwey en Simeon Roothman.
Paul Roos het in die finaal die belangrike dubbelspunt gewen en daarna het Willem de Waal, Pieter Kotze en Xander Pienaar hul enkelwedstryde in skoonstelle gewen om die wedstryd teen Paarl Boishaai met 4 – 0 te beklink.
Paul Roos se uitslae is as volg:
Paul Roos wen Affies: 7 – 0
Paul Roos wen Outeniqua HS: 7 – 0
Paul Roos wen St. Stithians: 4 – 3
Paul Roos wen Grey College: 4 – 1 (Semi-finaal)
Paul Roos wen Paarl Boishaai (HJS): 4 – 0 (Finaal)
Die span op die foto het bestaan uit Swannie Swanepoel (Afrigter), Willem de Waal, Pieter Kotze, Hanno Bouwer, Xander Pienaar, Sebastian Oosthuizen, Luke Verwey en Simeon Roothman.
Die finale posisies na die toernooi was:
1. Paul Roos
2. Paarl Boishaai
3. St. Stithians
4. Grey College
5. Affies
6. Waterkloof
7. Kearsney College
Outeniqua HS
Die Paul Roos 2de Tennisspan was in aksie in die Paarl by die Boland Landboutoernooi en het die toernooi vir die 2de jaar in ‘n ry gewen deur die span van Paarl Gimnasium in die finaal met 16 – 9 te klop.

Van links na regs: Zach Parsadh, Zach Jooste, Louis Kriel, Marcel Joubert, Nicolas Lourens, Liam Badenhorst, Jaco Smit en Charl Henning.
Die 2de span se uitslae is:
PRG wen Charlie Hofmeyer: 23 – 2
PRG wen Oakdale: 22 – 4
PRG wen HS Durbanville: 22 – 2
PRG wen Pearson: 21 – 4
PRG wen HS Bellville: 23 – 3
PRG wen Paarl Gimnasium: 16 – 9 (Finaal)
Die finale stand van sake na die toernooi is:
- Paul Roos
- Paarl Gimnasium
- Paarl Boishaai (HJS)
- Oakdale
- Boland Landbou
- Durbanville
- Pearson
- Framesby
- Bellville
- Hugenote
- Stellenbosch
- Charlie Hofmeyer
Baie geluk aan Paul Roos Tennis