Paul Roos-tennisspelers in Cavalier-Bolandspanne
Na afloop van die Cavalier (Boland) tennisproewe is verskeie Paul Roos-tennisspelers in die onderskeie Cavalier-Bolandspanne opgeneem vir deelname teen ander provinsies oor die volgende paar maande.
Die volgende PRG-leerders is verkies tot die O/19 Cavalier-tennisspan: Christiaan Cronje, Divan Prinsloo, Melt van As, Jan-Harm Lessing, Raynard Kamffer en Jayden Kamffer.
Die O/15 Cavalier-tennisspan word verteenwoordig deur die volgende spelers: Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Zachary Parsadh, Charl Henning, Sebastiaan Oosthuizen, Manie Coetzee, Herman Roux en Hanno Bouwer. Die volgende seuns is as reserwes aangewys: Henro Kruger, Conrad Koegelenberg en Juvan Weyers.
Baie geluk aan al hierdie spelers, mag hulle die provinsie en Paul Roos Gimnasium met trots verteenwoordig.