Hokkie / Hockey

PRG domineer Boland-hokkiespanne

Die Boland-hokkiespanne bestaan in 2025 weereens grotendeels uit PRG-hokkiespelers. Nie minder nie as 52 spelers is vanjaar oor die drie ouderdomsgroepe vir Bolandspanne gekies.

PRG spog ook met sewe provinsiale afrigters wat in 2025 gaan diens doen. Die o.13A-, o.14A-, o.16A- en o.18A-Bolandafrigters kom almal uit PRG se afrigtingspan. Twee van die afrigters, Dewald Raath (o.18A) en Jarryd Stansbury (hulpafrigter o.16A) is deel van PRG se akademiese korps.