PRG Forum
PRG debatspanne
Op 12 en 13 Junie het daar nege PRG debatspanne aan Con Spirito deelgeneem. Dit was ‘n fantastiese ervaring en weer het die manne hulleself goed van hulle taak gekwyt. Ses van die spanne is deur na die semi-finaal wat op 31 Julie by PRG plaasvind.
Juniors: Francois du Plessis en Janos Versfeld; Franco le Roux en Riaan Botha.
Seniors: Retief Ferreira; Lian Winckler; Meurant Botha; Stefan Nel; Ben van Niekerk; Johan Smuts; Dieter de Kock en Paul du Plessis.
PRG is trots op hierdie dinamiese manne.
ATKV-Redenaarskompetisie
Nege redenaars het op 28 Mei in die semifinale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie meegeding. Agt redenaars het plekke onder die Wes-Kaapse toptiensprekers vir hulle onderskeie kategorieë behaal.
MG Jooste, Emile de Wet, Lian Winckler, Matthew Ker-Fox, Altus de Villiers en Dieter de Kock het na die nasionale finale ronde wat op 4 Augustus by ATKV Klein-Kariba aangebied word, deurgedring.
Baie geluk met hierdie uitstekende resultate.


































