PRG-Kersfees-skoenboksprojek 2022
Die jaarlikse PRG-Kersfees-skoenboksprojek het groot vreugde aan die leerders van Joostenberg Primêr verskaf.
Carli Koch het die projek 10 jaar terug begin nadat sy in die Klein Karoo gesien het dat daar ‘n groot behoefte is. Wat gee jy vir ‘n kind wat niks het? Vandaar die skoenbokse wat ietsie van alles gee. ‘Gee met liefde en maak ‘n verskil’.
Dankie Paul Roos Gimnasium wat van die begin af deel was van hierdie hartsprojek.