Sport

PRG O/15-Tennisspan wen die David Samaai Tennistoernooi vir die 3de jaar in ‘n ry

Baie geluk aan die Paul Roos O/15-Tennisspan met die wen van die 3de David Samaai Tennistoernooi,  aangebied deur Paarl Boys’ High (HJS). Paul Roos was die verdedigende kampioen en het die trofee nog elke jaar gewen sedert die toernooi in 2023 begin het.

Die PRG-tennismanne het die sterk span van Paarl Boishaai in die finaal met 5 – 3 gewen.

Die span bestaan uit: Dawid Fourie, Christian Oberhofer, Daneel Bester, Dawid-Wiese Viljoen, Christian Swart, Liyema Mancoba en Nicholas Fillis.

Die span se uitslae is as volg:

PRG wen Boishaai Uitnodigingsspan: 9 – 0
PRG wen Bellville HS: 9 – 0
PRG wen Paarl Gim: 7 – 2
PRG wen Stellenberg HS: 9 – 0 (Semi-finaal)
PRG wen Paarl Boishaai: 5 – 3 (Finaal)

Die finale stand van sake na die toernooi was:

1. Paul Roos
2. ⁠Paarl Boishaai
3. ⁠Paarl Gimnasium
4. ⁠Stellenberg
5. ⁠Bellville HS
6. ⁠HJS Uitnodiging
7. ⁠Diamantveld HS
8. ⁠Stellenbosch HS

Welgedaan Paul Roos Tennis.