Algemene Nuus / General News

Swemuitslae – Bolandliga-gala

Meer as 30 PRG-swemmers het gister aan die tweede Bolandliga-gala van die seisoen deelgeneem.

Ons swemspan het 635 punte ingepalm en die byeenkoms gewen. Ons is veral trots op ons nuwe graad 8’s wat uitstekend presteer het, en ons is opgewonde oor die seisoen wat voorlê.