Sport

Afrika Junior Swemkampioenskap

Baie geluk aan Eric Kotzé wat die afgelope naweek by die Afrika Junior Swemkampioenskap in Egipte die SA ouderdomsgroeprekord in die 50m-vryslag (mans 14-18 jaar) gebreek het en ‘n brons medalje in dié item losgeswem het.

Hy het ook ‘n silwer medalje in die 50m-rugslag verower. Sy aflosspanne het uitstekend gevaar: Silwer in 100m-vryslagaflos en goud in die 100m-gemengde aflos.