ATKV-Tienertoneelfees Streeksronde
Beide Paul Roos-produksies, Pardonne-moi en Raap, het die afgelope naweek aan die streeksronde van die ATKV-Tiernertoneelfees by die Pam Golding Baxter-Teater deelgeneem.
Pardonne-moi, onder leiding van Francois Odendaal en Ian Lubbe, het die volgende toekennings ontvang:
11 Silwer en 11 Brons. Die produksie in geheel en beide regisseurs het silwer toekennings verdien.
Raap, onder leiding van Brink Nelson en Hannelie Caine, het die volgende toekennings ontvang:
4 Goud, 10 Silwer en 5 Brons. Die produksie in geheel en beide regisseurs het brons toekennings verdien. Luca Burger van Raap is ook in die kategorie vir Beste Klankoperateur genomineer.































