Klein Libertas Tienertoneelfees
Paul Roos se produksie, Raap, onder leiding van Brink Nelson en Hannelie Caine het op 9 Augustus aan die Klein Libertas Tienertoneelfees by die Drostdy Teater deelgeneem.
Raap het die volgende toekennings ontvang: 9 goud, 11 silwer en 1 brons.
Die produksie is in die volgende kategorieë genomineer: Beste Klankversorging, Beste Ligteversorging, Beste Ondersteunende Akteur (Nicolai Botes en Dieter de Kock onderskeidelik), Beste Akteur (Lian Winckler), Beste Kostuums, Beste Grimering en Beste Regie.
Raap is bekroon met die trofee vir Beste Grimering en Dieter de Kock is aangewys as die Beste Ondersteunende Akteur van die fees. Baie geluk met hierdie besonderse prestasie.

































