Leerderproduksie, IS DAAI GENOEG KOLE?
Paul Roos Gimnasium en Bloemhof se leerderproduksie, IS DAAI GENOEG KOLE?, het vanjaar geskiedenis gemaak by die jaarlikse Logan Fraserburg Toneelfees.
Francois Odendaal, dramaturg en regisseur van die produksie, is die eerste ontvanger van die Johann Brink Trust-toekenning vir Beste Opkomende Werk, vir ‘n uitmuntende teaterervaring.
Baie geluk ook aan:
MG Jooste, wenner van die Beste Manlike Byspeler-toekenning vir sy rol as Kian.
Janka Strauss, wat benoem is vir Beste Vroulike Hoofspeler vir haar rol as Marelize.
Die produksie het onder andere die volgende toekennings ontvang:
Goud vir Regie
Silwer vir Ensemble
Silwer vir Teks
Silwer vir Dekor en Kostuums
‘n Uitsonderlike prestasie waarop ons ongelooflik trots is. Baie geluk aan elkeen wat deel was van hierdie besondere produksie.






























