PRG Toneel vaar goed by MADD Toneelfees (Montagu) in aanloop tot die ATKV Streeksfees
PRG Toneel het onlangs deelgeneem aan die MADD toneelfees in Montagu en uitmuntend gevaar. Skrum deur Esther von Waltsleben is bekroon met ‘n dubbel goue toekenning (90%+), met nominasies in die Beste Senior Akteur, Beste Regie, Beste Produksie en Beste Nuutgeskrewe Teks. Veels geluk aan Mnr Brink Nelson (verhoog dekor & regisseur), Esther von Waltsleben (dramaturg) en Fanie Wessels (akteur) vir julle dubbel goue toekennings. Volledige uitslae is op PRG se webwerf. ‘SKRUM’ is Vrydagmiddag, 25 Augustus om 17:30 te siene by die Baxter Teater as deel van die ATKV Streeksfees.
PRG se tweede toneelstuk ‘Tienertoeneel’ het ook goed gevaar by die MADD toneelfees. ‘Tienertoneel’ deur Danie Stander en PRG se eie Jordan Cridland en Joshua Calmeyer het weggestap met ‘n silwer (70%+) toekenning. Jordan Cridland en Roché Meyer het elk ‘n goue (80%+) toekenning vir toneelspel en Joshua Calmeyer silwer vir sy rol in ‘Tienertoneel’ verdien. Die tegniese span is almal beloon met ‘n silwer toekenning.
Sien pdf vir die volledige uitslae.
uitslae vir Montagu Jeugkunstefees (1)