Algemene Nuus / General News

PRG Toneelaande 19/20 Aug 2025

Kom geniet ’n aand van goeie toneelspel gedurende die twee PRG Toneelaande!

Bloemhof se leerderproduksies sal ook hierdie aande optree en is by die kaartjieprys ingesluit.

19 Augustus : Pille, Raap en Pardonne-moi
20 Augustus : Misluk, Raap en Pardonne-moi

Volwassenes kan Dinsdag, 19 Augustus, teen R60 ’n kaartjie (insluitend ligte verversings) dié drie produksies kom aanskou.

Leerders kan Woensdag, 20 Augustus, teen R30 ’n kaartjie kom kyk.

Kaartjies kan by die deur d.m.v. kontant, Snapscan of kaart gekoop word.
Arriveer om 17:30 vir 18:00.