Pronk Podium Toneelfees
Paul Roos se produksie, Raap, onder leiding van meneer Nelson en Juffrou Caine het op 24 Julie aan die Wes-Kaapse uitdunronde van die nasionale Pronk Podium Toneelfees by Hoërskool Durbanville deelgeneem.
Raap is as een van die topvier produksies in die Wes-Kaap aangewys en het op 25 Julie aan die semifinale ronde deelgeneem. Die nasionale finaliste word later vanjaar bekend gemaak.
Raap het die volgende toekennings ontvang: 4 goud, 13 silwer en 6 brons.































