Grey High Junior Golf Festival
A young golf team participated in the Grey High Junior Golf Festival this past weekend.
It gave exposure to our younger golfers to tournament golf and new courses.
The team ended the tournament in sixth place out of sixteen teams.

ATKV-Redenaarskompetisie
Baie geluk aan Reuben de Wit, Dieter de Kock, Charl de Wet en Lian Winckler wat op 5 Augustus aan die nasionale finale ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie te Goudini Spa deelgeneem het.
Dieter de Kock het nasionaal die elfde plek in die Senior Onvoorbereide-kategorie vir HT-leerders behaal en Reuben de Wit het op sy beurt nasionaal die sewende plek in die Senior Onvoorbereide-kategorie vir EAT-leerders behaal.

Klein Libertas Tienertoneelfees
Paul Roos se produksie, Raap, onder leiding van Brink Nelson en Hannelie Caine het op 9 Augustus aan die Klein Libertas Tienertoneelfees by die Drostdy Teater deelgeneem.
Raap het die volgende toekennings ontvang: 9 goud, 11 silwer en 1 brons.
Die produksie is in die volgende kategorieë genomineer: Beste Klankversorging, Beste Ligteversorging, Beste Ondersteunende Akteur (Nicolai Botes en Dieter de Kock onderskeidelik), Beste Akteur (Lian Winckler), Beste Kostuums, Beste Grimering en Beste Regie.
Raap is bekroon met die trofee vir Beste Grimering en Dieter de Kock is aangewys as die Beste Ondersteunende Akteur van die fees. Baie geluk met hierdie besonderse prestasie.
PRG vs Grey College 14 – 17 Aug 2025 – Briewe aan Ouers
Con spirito-debatskompetisie
Van 5 tot 7 Augustus het agt van ons debatspanne aan die streeksuitdunne van die Con spirito-debatskompetisie in die Paarl deelgeneem.
Baie geluk aan die drie junior spanne en vier senior spanne wat deurgedring het na die semifinaal van dié kompetisie:
Junior 1: Lian Winckler en Retief Ferreira
Junior 2: Paul du Plessis en Milan van Urk
Junior 3: Piet van Wyk en Kules Boshoff
Senior 1: Ian Lubbe en Altus de Villiers
Senior 2: Jeandré van Zyl en Christiaan Fouché
Senior 3: Dieter de Kock en Johan Smuts
Senior 4: Wium van Niekerk en Ben Schoeman
PRG 16A and 14A hockey team wins Top Schools’

PRG 16A hockey team wins Top Schools’!
Full results:
vs Garsfontein won 2-0
vs HJS won 2-0
vs Rondebosch draw 1-1
vs Northwood won 3-1
vs Pearson won 4-0
Semi-final vs Paarl Gim won 2-1
Final vs Grey PE won 2-1
Congratulations to Luc Botha: Player of the Tournament.

PRG u14A hockey team wins Top Schools’!
Full results:
vs Paarl Gim won 10-0
vs PV won 14-1
vs Grey Bloem won 7-0
vs HJS won 7-0
Semi-final vs Grey PE won 9-2
Final vs Bishops (1-1) won on shoot-outs.
Congratulations to Konrad Gouws: player of the tournament and Nathan Phillips: striker of the tournament.
BMX Pump Track Kampioenskap
William Nelson het onlangs aan die Wêreld BMX Pump Track Kampioenskap in Swede deelgeneem.
Hy het algeheel tweede geëindig.
Baie geluk William!

Uitslae Nasionale o.15-tennistoernooi
Die o.15-tennisspan van Paul Roos het tweede geëindig by die Nasionale o.15-tennistoernooi in Pretoria.
Die PRG-manne het in die finaal naelskraap met 5 – 3 teen Grey Kollege verloor.
Die span het bestaan uit Tristan van der Merwe, Dawid Fourie, Liyema Mancoba, Christian Oberhofer, Rocco Noades, Daneel Bester en Dawid-Wiese Viljoen.
Finale uitslae na die laaste dag:
1. Grey Kollege
2. Paul Roos Gimnasium
3. AHS A
4. Potchefstroom Gimnasium
5. Kearsney College
6. AHS B
7. St Benedicts
8. HS Menlopark
9. HS Garsfontein
10. HS Waterkloof

PRG Atterbury Musiekfees 27 – 28 Aug 2025
It is almost time for the annual PRG Atterbury Musiekfees! This year the school welcomes Elvis Blue as guest artist. All Gr9 and 10 learners will be performing on Wednesday 27 August, and Gr8 and 11 learners will be on stage on Thursday 28 August.
This annual musical spectacle is not to be missed!
Tickets available on seatme:
https://www.seatme.co.za/tc-events/prg-musiekfees-2025-3/
