Author Archive

2024 PRG eSport News: New Sponsors, Parent Information Evening & a Junior Academy

Thursday, January 18th, 2024

Paul Roos Gymnasium eSports Teams Up with PC Builder! Get ready for an alliance as Paul Roos Gymnasium eSport and PC Builder join forces in an exhilarating partnership! This collaboration brings together two entities driven by a shared passion for […]

Read more...

2024 Golf Dates | Belangrike datums

Thursday, December 14th, 2023

Laai die PRG-gholfkalender hier af | Download the PRG golf calendar here PRG-GHOLFKALENDER 2024 _ MET TROTS GEBORG DEUR MERCEDES-BENZ STELLENBOSCH Made possible by:      

Read more...

PRG Soccer Holiday Clinic – December 2023

Wednesday, November 22nd, 2023

PRG Soccer is proud to announce the PRG Soccer Holiday Clinic. Make sure to register your child(ren) soonest. To read more about the Soccer Holiday Clinic, click here: PRG Junior Academy Holiday Clinic

Read more...

Societas kry gravitas: Paul Roosers en leerders van Kayamandi vat hande met die loods van ‘The river that binds us’ projek

Monday, October 30th, 2023

21 September 2023 was ‘n spesiale dag vir Paul Roos Gimnasium (PRG) se uitreikorganisasie, Societas. Societas bestaan uit ‘n groep altruïstiese leerders wat hul tyd en vaardighede inspan om ‘n verskil in hul gemeenskap te maak. In 2023 het PRG […]

Read more...

PAUL ROOS GIMNASIUM OPEN DIE JOHAN J FERREIRA HOЁ PRESTASIE SENTRUM

Thursday, October 19th, 2023

Op 26 September het Paul Roos Gimnasium die nuut-opgegradeerde Johan J Ferreira Hoë Prestasie Sentrum offisieël geopen. Beleggers, projekbestuurders, argitekte, potensiële vennote en gemeenskapsrolspelers is uitgenooi om die nuwe gymnasium onder oë te neem. Ten tyde van die geleentheid is […]

Read more...

PRG Music Festival | Musiekfees 2023

Thursday, October 5th, 2023

25-26 OCTOBER | OKTOBER 2023 “We’re born with millions of little lights shining in the dark and they show us the way….” (Passenger) PRG Musiekfees Program 2023 The Paul Roos Gymnasium Music Festival is a cultural highlight on the school’s […]

Read more...

Cape Schools Cricket Tournament 2023

Friday, September 29th, 2023

Welcome to the Cape Schools Cricket Tournament Hosted by Paul Roos Gymnasium | Aangebied deur Paul Roos Gimnasium             Made possible by Wilhelm’s Auto | Moontlik gemaak deur       Cape Schools Cricket Tournament […]

Read more...

USA Scholarship opportunities for Grade 11 & 12 students on 15 August 2023 – Online Webinar 18:00pm

Monday, August 14th, 2023

Dear Grade 11 & 12 Students, Parents / Guardians, USA Scholarship opportunities for Grade 11 & 12 students on 15 August 2023 – Online Webinar 18:00pm. We have an online LIVE session for all matric students regarding scholarships and bursaries […]

Read more...

Parent and Son Golf Day – 3 October 2024 | Ouer-en-Seun Gholfdag – 3 Oktober 2024

Monday, July 31st, 2023

SAVE THE DATE | DAGBOEK In 2024 skei PRG-gholf die tradisionele Rector’s Cup van die Ouer-en-Seun Gholfdag.   OUER-EN-SEUN GHOLFDAG Op 3 Oktober 2024 sal 160 spelers kan deelneem aan die Ouer-en-Seun Gholfdag. Make sure you diarise this event soonest. […]

Read more...

PRG-toneel se vere is uitgeskud en reg vir die jaar se tienertoneelkompetisies

Monday, July 31st, 2023

Op 25 en 26 Julie het Paul Roos Gimnasium se onderskeie toneelgroepe hul nuutgeskepte toneelstukke vir die eerste keer voor gehore opgevoer. PRG-toneelweek is ‘n spesiale week in die PRG-kultuurprogram – waarin Paul Roos se jong akteurs die kans kry […]

Read more...

2024 PRG eSport News: New Sponsors, Parent Information Evening & a Junior Academy

Paul Roos Gymnasium eSports Teams Up with PC Builder!

Get ready for an alliance as Paul Roos Gymnasium eSport and PC Builder join forces in an exhilarating partnership! This collaboration brings together two entities driven by a shared passion for excellence in gaming and cutting-edge technological innovation.

About PC Builder:

 

 

 

 

Prepare to be impressed by PC Builder, a trailblazer in technological innovation. Specializing in crafting custom gaming rigs tailored for ready-to-play gaming and education setups, PC Builder is synonymous with performance, quality, and reliability. From day one, they assemble rigs that are not just gaming-ready but also education-ready, catering to the unique needs of enthusiasts in both realms.

 

Revolutionising eSports and Education:

The union between Paul Roos Gymnasium eSport and PC Builder is built on a collective vision of pushing the boundaries in both eSport and education. In an era where high school eSport gains national and global prominence, our shared commitment is to equip our eSport athletes with top-tier hardware and training resources for peak performance.

 

Sponsorship Highlights:

Get ready for an upgrade! PC Builder is generously involved in providing 37 cutting-edge PCs for our new hybrid gaming and education classroom. This state-of-the-art facility will empower our eSport athletes to excel not only in the competitive gaming scene but also in their educational pursuits. These rigs, designed for ready-to-play gaming and education, will serve as tools for our athletes to hone their skills, compete in tournaments, and proudly represent Paul Roos Gymnasium eSport.

Save the Date: Parent information evening, 20 January 2024

These gaming rigs will be tested to its full capacity with our eSport trails starting on the 19th of January for Fortnite and the 20th of January for all other titles offered.

 

  PRG is excited about the launch of the PRG eSport Junior Academy.

 

 

Click on the image to register.

Paul Roos Gymnasium would also like to acknowledge new supporting sponsor Forte Supply Chain Solutions and De Helderbosch Kwikspar for your continued support of PRG eSport.

 

 

 

2024 Golf Dates | Belangrike datums

Laai die PRG-gholfkalender hier af | Download the PRG golf calendar here

PRG-GHOLFKALENDER 2024 _ MET TROTS GEBORG DEUR MERCEDES-BENZ STELLENBOSCH

Made possible by:

 

 

 

PRG Soccer Holiday Clinic – December 2023

PRG Soccer is proud to announce the PRG Soccer Holiday Clinic.

Make sure to register your child(ren) soonest.

To read more about the Soccer Holiday Clinic, click here:

PRG Junior Academy Holiday Clinic

Societas kry gravitas: Paul Roosers en leerders van Kayamandi vat hande met die loods van ‘The river that binds us’ projek

21 September 2023 was ‘n spesiale dag vir Paul Roos Gimnasium (PRG) se uitreikorganisasie, Societas. Societas bestaan uit ‘n groep altruïstiese leerders wat hul tyd en vaardighede inspan om ‘n verskil in hul gemeenskap te maak. In 2023 het PRG hande geneem met Investec. ‘n Splinternuwe verhouding tussen Investec en Paul Roos Gimnasium maak dit vir Societas-leerders moontlik om uit te bou op bestaande projekte, maar ook om nuwe projekte van stapel te stuur en sodoende ‘n groter impak op die gemeenskap te hê.

Op 21 September het Societas juis met ‘n opwindende nuwe inisiatief begin. “The River That Binds Us” is ‘n uitvloeisel van PRG se jarelange toewyding aan die Eersterivier. Paul Roosers is bekend vir hul samewerking met die Stellenbosch Trail Fund in terme van die skoonmaak van die rivierbanke én die plant van inheemse bome.  “The River That Binds Us” plaas fokus op die impak wat diverse gemeenskappe met verskillende historiese, kulturele en sosio-ekonomiese omstandighede op die Eersterivier het. Dit beklemtoon hoe segregasie tussen hierdie onderskeie gemeenskappe negatief bydra tot die Eersterivier se ekologiese welsyn, en uiteindellik ook ‘n negatiewe impak het op die gesondheid van mens en dier wat langs die rivier woon.

Abri de Swardt – die inspirasie agter die projekIn die lig hiervan het Societas hande geneem met visuele kunstenaar en Social Impact Art Prize (SIAP) kandidaat, Abri de Swardt. De Swardt se werk fokus op die kultuur-historiese geskiedenis van gemeenskappe wat langs die Eersterivier woon. Die wedersydse impak en afhanklikheid van mens, industrie en rivier dien as inspirasie vir sy SIAP-projek en het PRG se “The River That Binds Us” geïnspireer.  Na kreatiewe gesprekke met de Swardt is besluit om ‘n bewusmakingsveldtog onder leerders van Paul Roos Gimnasium én Kayamandi te loods met die oog op groter samewerking tussen die jeug van dié twee gemeenskappe. ‘n Verdere doel van die bewusmakingsveldtog is om skole in ander gemeenskappe langs die rivier uit te daag om by Stellenbosch se hoërskoolleerders aan te sluit in hierdie langtermynprojek. Societas beoog ook om lede uit die gemeenskap, organisasies en korporatiewe maatskappye met belang in die bewaring van die Eersterivier, uit te nooi om hierdie projek te ondersteun en daartoe by te dra in 2024.

The Health Promoters (THP) is ‘n nie-winsgewende organisasie in Kayamandi wat poog om die band tussen armoede en siekte te breek. Hul fokus strek van basiese higiëne tot werkskepping en opvoeding rondom algehele gesondheid, geestesgesondheid, genderkwessies en omgewingsgesondheid. The Health Promoters het ingestem om as skakel tussen Paul Roos Gimnasium en Kayamandi se hoërskoolleerders op te tree.

Me Hannelie Caine (PRG) spreek die leerders van Societas en Kaymandi toe voor die water voor Paul Roos Gimnasium getoets word vir teenwoordigheid van lewende organismes.

Net onder die dertig Kayamandi-leerders, George Arrey, Regina Eggink (verteenwoordigers van The Health Promoters), Societas-leerders en PRG-personeel, Dr Charon Buchner-Marais (Universiteit van Stellenbosch en hoofuitvoerende direkteur van CoGo), Unathi Msophi (Stellenbosch Trail Fund) en Brigadier-Generaal Farouk Davids (Faure-gemeenskapsleier) het ‘n dag langs die Eersterivier spandeer. Die groep het by Paul Roos Gimnasium begin waar hulle die rivierwater met die miniSASS (Stream Assessment Scoring System) getoets het. Hier het me Hannelie Caine (Lewenswetenskappe) die leerders ingelig oor hoe die teenwoordigheid of afwesigheid van organismes in die rivier aanduidend van die rivier se algehele gesondheid is. Inheemse plantegroei en sagte ingeneurswese as volhoubare instandhoudingsmetodiek is ook bespreek. Unathi Msophi het verduidelik hoe die Stellenbosch Trail Fund daagliks werk om die Eersterivier gesond te hou.

Unathi Msophi (Stellenbosch River Trail Fund) spreek die leerders toe.

Daarna het die toergroep gereis na die mond van die Eersterivier in Macassar. Op pad daarheen het kunstenaar Abri de Swartdt die leerders toegespreek oor die rivier as lewende organisme. Hy het beklemtoon dat die rivier ook aanspraak kan maak op regte soos dié van mens en dier. Hy het die leerders uitgedaag om aan die rivier te dink as ‘n lewenslyn – ‘n kulturele, geskiedkundige en natuurlike bron waar gemeenskappe vir eeue hul praktyke uitleef, bymekaarkom, voedsel produseer en ontgin, en uiteindellik hul stories in die geskiedenis van Suid-Afrika inets. Dr Charon Bucher-Marais op haar beurt het uitgewys hoe die Krommerivier (Idasvallei) en die Plankenburgrivier (Kayamandi) by die Eersterivier aansluit voor hy uiteindellik die see inloop. Sy het beklemtoon dat al die diverse gemeenskappe van Stellenbosch, Eersterivier, Faure, Macassar, sowel as industrieë langs die rivier, swak ablusie en rioolbesoedeling ‘n rol speel in die toestand van die Eersterivier se water.  Die leerders kon sien hoe die Eersterivier die see inloop terwyl die publiek visvang, en selfs vlieërbranderry. Die ongesonde toestand van die vleilande wat sorg vir die natuurlike suiwering van die Eersterivier, is ook uitgewys. Me Hannelie Caine het by die mond van die rivier water getoets. Die resultate is met die eerste stel toetsresultate vergelyk. Leerders kon ‘n duidelike verskil in watersuiwerheid en -helderheid bespeur.

Brigadier-Generaal Farouk Davids (middel) en sy span.

Op pad terug na Stellenbosch het Brigadier-Generaal Farouk Davids die leerders toegespreek en bewus gemaak van die diverse kultuurgroepe wat tussen Faure en Macasser langs die rivier woon. Die Islamgemeenskap (slawe vanuit Indonesië) van Macassar is uitgewys en leerders kon die Kramat van ‘n afstand beskou en vloedskade in die omgewing bespeur. Davids het die leerders verder ingelig oor die Khoisan-gemeenskap wat vir eeue langs die rivier in die Faure-omgewing woon en afhanklik is van die Eersterivier se gesondheid.  Die industriële en residensiële ontwikkeling in die omgewing en die inbreuk wat dit op inheemse kultuurgroepe, hul tradisies en praktyke in en langs die rivier maak, is weliswaar ook tydens die uitstappie ervaar.

Die Eersterivier en die Kramat in Macassar

Die laaste stop was in Stellenbosch waar die leerders die samevloeiing van die Plankenburg- en Eersterivier kon sien. Die besoedeling in die omgewing was ontstellend en leerders kon ook die impak van die onlangse vloedskade op die omgewing bespeur. Leerders is verder opgevoed oor die gevaar van hoë E. coli-vlakke in rivierwater. Om gesondheidsredes is watertoetse nié in die omgewing gedoen nie.

Dr Charon Buchner-Marais spreek die leerders toe oor die impak wat die Plankeburg rivier op die Eersterivier het.

Die uitstappie is afgesluit met ‘n komplimentêre middagete by die Rupert Museum. Middagete is geskenk deur die Social Impact Arts Prize. Hier het leerders gereflekteer oor hul observasies gedurende die dag. Hulle het idees neergepen oor hoe hulle kan saamwerk om ‘n verskil te maak. Leerders het uitgewys hoe hulle volwassenes navolg en hoe teleurgesteld hulle is dat dié belangrike inligting rakende die belang van gesonde water, die impak van besoedeling en die skaal van die probleem, nie vroeër aan hulle oorgedra word nie. Die belang van bewusmaking en opvoeding is deur die leerders geidentifiseer. PRG en Kayamandi leerders het aangedui hoe hulle wil saamwerk om meer inheemse plantegroei in die rivierwater te help bewerkstellig, ten einde meer organismes te lok om in die rivierwater te floreer. Hulle het aangekondig dat hul wil saamwerk om die besoedeling aan die onderkant van die rivier aan te spreek.  Selfs groter idees in terme van munisipale ingryping en regeringsbeleid is deur leerders voorgestel. Leerders het ook met idees vir die toekoms gespeel – waar saadjies geplant is vir beter omgewingsvriendelike besluite wanneer hulle self ampte in professionele posisies beklee.

Elke teenwoordige leerder is met ‘n sertifikaat voorsien, waarin hulle ook beloof om hulself tot die bewaring van die rivier toe te wy en hul daarop toe te spits om diegene in hulle gemeenskappe op te voed oor ieder en elk se verantwoordelikheid teenoor die instandhouding en beterskap van die rivier.

Paul Roos Gimnasium se PRG Productions het die uitstappie gedokumenteer en sal eersdaags ‘n promosievideo bekendstel wat ander skole, gemeenskappe en besigheidsleiers uitnooi om by “The River That Binds Us” aan te sluit. Societas- en Kayamandi-leerders sal volgende jaar onder professionele leiding weer bymekaarkom om hul idees uit te bou tot praktiese, veilige en implimenteerbare projekte. Die Paul Roosers het ook nuwe insig oor die belang van integrasie en samewerking om ‘n werklike en langdurige impak te maak. Hierdie inisiatief is moontlik gemaak deur Investec.

Die begin van opwindende dinge!

Met dank aan:

Investec

The Health Promoters (George Arrey & Regina Eggink)

The Legacy Centre, Kayamandi

The Social Impact Art Prize

Rupert Museum

Abri de Swardt

Dr Charon Buchner-Marais

Brigadier-Generaal Farouk Davids

Paul Roos Gimnasium: Christine Canaris, Hannelie Caine, Luna Paige

The Stellenbosch Trail Fund

 

PAUL ROOS GIMNASIUM OPEN DIE JOHAN J FERREIRA HOЁ PRESTASIE SENTRUM

Op 26 September het Paul Roos Gimnasium die nuut-opgegradeerde Johan J Ferreira Hoë Prestasie Sentrum offisieël geopen. Beleggers, projekbestuurders, argitekte, potensiële vennote en gemeenskapsrolspelers is uitgenooi om die nuwe gymnasium onder oë te neem. Ten tyde van die geleentheid is gaste ingelig oor Paul Roos Gimnasium se Meesterplan (wat die Johan J Ferreira Hoë Prestasie Sentrum insluit). Daar is ook uitgebrei oor die unieke Performance Development Pathway Programme – wat juis binne dié Sentrum in werking gestel word. Sentrumbestuurder, sportswetenskaplike en kondisioneringsafrigter, Elric Pretorius, het verduidelik hoe hierdie holistiese program al 1300 leerders by Paul Roos Gimnasium baat en bydra tot hul algehele fiksheid en fisiese ontwikkeling. Mnr Pretorius het ook verduidelik hoe verder gespesialisseerde afrigting binne die Johan J Ferreira Hoë Prestasie Sentrum jong sportmanne en atlete sal bemagtig om optimaal te ontwikkel in hul onderskeie sportvelde. Die oorspronklike Johan Ferreira Gimnasium was befonds deur die ontslape Johan J Ferreira. Die geleentheid is ook gebruik om eer te betoon aan Mnr Ferreira wat die fondasie vir hierdie projek soveel jare gelede reeds gelê het. Mev Ferreira, haar seuns en hul eggenote het die geleentheid as eregaste bygewoon.

PRG Music Festival | Musiekfees 2023

25-26 OCTOBER | OKTOBER 2023

“We’re born with millions of little lights shining in the dark and they show us the way….” (Passenger)

PRG Musiekfees Program 2023

The Paul Roos Gymnasium Music Festival is a cultural highlight on the school’s calendar every year. After the incredible success of the musical – The Addams Family (a collaboration between PRG and the SU Drama Department in August) – the Paul Roos community can most definitely rely on yet another spectacular concert. As with previous years, Atterbury Property remains a proud sponsor of the PRG Music Festival. The school is excited to announce that the Music Festival will also be receiving support from our main culture sponsor X-Chequer Fund Management, as well as new culture sponsors FNB and Fledge Capital. The expansion of corporate investment in PRG Culture is a clear indication of the continuous high-quality work delivered by the school’s theatre and music departments.

Musiekfees-aanhangers weet dat Paul Roos altyd geniet om saam met gevestigde kunstenaars te werk. In vorige jare het Paul Roos se musikante en sangers die verhoog met onder andere Amanda Strydom, Coenie de Villiers en Corlea Botha gedeel. Vanjaar is Brandon October en Anna Davel die gaskunstenaars. Brandon October vestig hom internasionaal en plaaslik as ʼn formidabele sielvolle sanger en komponis. Met sy unieke stem en warm verhoogpersoonlikheid deel hoogaangeskrewe musikante en sangers, soos Anna Davel, graag die verhoog met hom. Op haar beurt boei, vermaak en betower, die pragtige Anna Davel, al vir 21 jaar, haar gehoor en aanhangers met haar ongeëwenaarde fluweel stem.

On 25 and 26 October these two will be performing with the much-awarded Paul Roos Gymnasium singing group and choir, a 50-piece orchestra, the PRG band and a mass choir of more than 500 learners. Eikestad Primary will also form a part of this spectacular show. This exciting ensemble promises a programme filled with exemplary music and guarantees to leave audiences speechless.

Tyd | Time: 19:00

Plek | Place:  Stadsaal | City Hall, Stellenbosch

Gaskunstenaars | Guest artists: Brandon October, Anna Davel

Deelnemers | Participants: Paul Roos Koor | Choir, Sanggroep | Singing group, Simfonie-orkes | Symphony orchestra, PRG-orkes | PRG band  en/and PRG-massakoor | PRG Mass Choir &  Eikestad Laerskool | Primary

Musiekverwerkings | Musical arrangements: Stephan Bezuidenhout, Cezarre Strydom, Lucas Heinen

Vervaardiger | Producer: Tale Be Told Productions

Kaartjieprys | Ticket price: R175 (Volwassenes | Adults) R100 (Onder 18 | Undr 18)

Koop kaartjies hier | Buy tickets here: https://www.quicket.co.za

 

Anna Davel

Brandon October

 

 

 

 

Cape Schools Cricket Tournament 2023

Welcome to the Cape Schools Cricket Tournament

Hosted by Paul Roos Gymnasium | Aangebied deur Paul Roos Gimnasium

 

 

 

 

 

 

Made possible by Wilhelm’s Auto | Moontlik gemaak deur

 

 

 

Cape Schools Cricket Tournament Document _ Presented by Paul Roos Gymnasium

 

Paul Roos Gimnasium en Wilhelm’s Auto het tydens die skoolvakansie as gasheer vir die jaarlikse Cape Schools’ kriekettoernooi opgetree. Verskeie Wes-Kaapse, Oos-Kaapse en Vrystaatse skole het aan die toernooi deelgeneem. Hiermee die uitslae van die 4-dag kriekettoernooi:

 

DAG 1:

Op die eerste dag het meeste wedstryde uitgereën en kon slegs Somerset College teen Outeniqua Hoërskool kompeteer.

Somerset College vs Outeniqua Hoërskool

Outeniqua 173/6 35 boulbeurte

Stephan May 80* 106

Thando Prusent 3-2-23

Somerset College 175/3 27.3 boulbeurte

Nicholas Rieth 57* 63

Antonio De Souza 43 56

Somerset College wen Outeniqua Hoërskool met 7 paaltjies.

 

DAG 2:

Bishops College vs Queens College

Bishops College 291/5 na 54 boulbeurte

Adnaan Lagadien 121 (129)

Ollie Chevallier 53 (64)

Ryan Denston 15-1-62-1

Queens College 104/10 na 33 boulbeurte

Ryan Denston 51 (50)

Tiaan Louw 10-0-24-5

Bishops College wen Queens College met 187 paaltjies.

 

Paarl Gimnasium vs Outeniqua Hoërskool

Outeniqua Hoërskool 147/10 (57.1)

May 71

Charles King 6-42 (18.1)

Paarl Gimnasium 148/1 (36)

Willem Matthee 50*

Marinus Daling 52*

Paarl Gimnasium wen Outeniqua Hoërskool met 9 paaltjies

 

Hoër Jongenskool Paarl vs Union Hoërskool

HJS 143/10 (35)

Gideon du Toit 45

Johan Wege 23

Shaakir 4/21 in 7 boulbeurte

Union Hoërskool 39/10 (28)

Aden Batt 4/10 in 5 boulbeurte

Hoër Jongenskool Paarl klop Union Hoërskool met 104 lopies.

 

Paul Roos Gimnasium vs St Andrews Skool

Paul Roos Gimnasium: 113/10 (46.4)

Riley Norton 23

JC Young 5/17

St Andrews School: 90/10 (47)

FG Botha 19

Joshua Zietsman 4/28

Paul Roos Gimnasium klop St Andrews Skool met 23 lopies.

 

Rondebosch Boys’ High vs Pearson Hoërskool

Rondebosch 257/8 (57)

Raeeq Daniels 50*

Jordan Neill 45

Esa Gangat 14-5 vir 55

Pearson 74/10 (34)

Jordan Collier 22

Declan Gillespie 6 – 3 vir 17

Rondebosch Boys’ High klop vir Peason Hoërskool met 183 lopies.

 

SACS vs Graeme College

Graeme College 111/10

Rhys Wiblin 40* 126 balle

Kraai 3-28 (10.3)

SACS 115/3 na 21 boulbeurte

Levitt 48 off 49 balls

Wyngaard 27 off 22 balls

SACS klop Graeme College met 7 paaltjies

 

Somerset College vs Dale College

Somerset College 283/5 in 64 boulbeurte

Thando Prusent 118* off 178

Callum Hughes 53* off 68

Hlumelo Ntlola 15-2-68-2

Dale College 77/10 in 23 boulbeurte

Joshua Hall 23

Thomas Parsons 6-1-21-4

Christopher Varie 6-1-10-3

Dale College 24/5

Callum Hughes 4.2-0-5-2

Dion Claassens 1-0-4-2

Somerset College klop Dale College met 182 lopies

 

Wynberg Hoërskool vs Grey Hoërskool

Wynberg 297/7 dec na 58.3

Beni Hansen 120*(115)

Divan Linde 67 (101)

Michael Molenaar 2/25 (8.3)

Xander Elkington 2/56 (13)

Grey Hoërskool 288/10 in 57

Dylan Garrod 73 (37)

Corby van Heerden 50(53)

Divan Linde 3/53 (10)

Naas Beets 3/68 (17)

Wynberg klop Grey Hoërskool met 9 lopies.

 

Selborne College vs Parel Vallei

Selborne College 277/9 in 45 boulbeurte

Ben Van Der Merwe 92(76)

Jacques Van Der Merwe 72(78)

Joshua Smit 4/43 in 9 boulbeurte

Parel Vallei Hoërskool 172/10 in 35.1 boulbeurte

Joshua Smit 31*(33)

Ethan Currin 3/40 in 8 boulbeurte

Selborne College klop Parel Vallei Hoërskool met 105 lopies

 

DAG 3

 

Wynberg Hoërskool vs Outeniqua Hoërskool

Outeniqua Hoërskool 87/10

Zander Nel 41(39)

Paul James 3/7

Wynberg Hoërskool89/2

Paul James 46*(34)

Storme van Rooyen 29*(32)

Trent Huisamen 2/23

Wynberg Hoërskool klop Outeniqua Hoërskool met 8 lopies

 

Paul Roos Gimnasium vs Pearson College

Pearson College 146/10

Callum Appollis 4 vir 25

Dian Winkel 3 vir 25

Paul Roos Gimnasium 147/2

Josh Jordaan 55

Cormey vd Watt 38*

Paul Roos Gimnasium klop Pearson College met 8 paaltjies

 

Somerset College vs Queens College

Queens College 135 almal uit

Akho Ngesi 55

Ryan Denston 28

Dion Claassens 9.2-1-29-4

Somerset College 137/7

Chad Ayford 28

Antonio de Souza 26

Mbasa Thomas 10-1-39-6

Somerset College klop Queens College met 3 paaltjies

 

Parel Vallei Hoërskool vs Union Hoërskool

Union Hoërskool 95/10

Henry Jones 3 vir 20

Josua Smit 2 vir 9

Parel Vallei Hoërskool 97/5

Parel Vallei Hoërskool klop Union Hoërskool met 5 paaltjies

 

St Andrew’s Skool vs Hoër Jongenskool Paarl

St Andrew’s Skool 155/10 (38.4)

Leon Athanasiou 34

J Bourbon Lefley 3-24

Hoër Jongenskool Paarl 149/10 (33.3)

J Wege 52

JC Young 5-19

Schalk Liebenberg 4-38

St Andrew’s Skool klop HJS met 6 lopies

 

Bishops College vs Selborne College

Bishops 327/7 na 50 boulbeurte

James Robb-Quinlan 133 (107)

Calum Daniels 101 (105)

Thomas Marais 2/44

Selborne College 72/10 na 22.4 boulbeurte

Jacques van der Merwe 27 (41)

Payton Leigh 4/9 na 3.4 boulbeurte

Tiaan Louw 3/28 na 6 boulbeurte (hat-trick)

Bishops College klop Selborne College met 255 lopies

 

Rondebosch Boys’ High vs Graeme College

Rondebosch 254/10 in 49.4 boulbeurte

Declan Gillespie 50

Jordan Neill 42

Kevin Geldenhuys 9 – 3 vir 64

AJ Jaegels 10 – 2 vir 35

Graeme 170/10 na 40.3 boulbeurte

Athendile Feni 29

Rhy Wiblin 24

Raeeq Daniel’s 7.3- 2 vir 25

Jordan Neill 4 – 2 vir 14

Declan Gillespie 5- 2 vir 17

Rondebosch Boys’ High klop Graeme College met 79 lopies

 

Grey Hoërskool vs Paarl Gimnasium

Grey Hoërskool 270/7 (50)

Van Heerden 43

Molenaar 75

Paarl Gimnasium 124/10

Ristow 4 vir 30

Grey Hoërskool klop Paarl Gimnasium met 146 lopies

 

SACS vs Dale College

Dale College 61/10

Litha Kraai 5-13

SACS 64/4

Josh Wyngaard 37

Hlumelo Ntola 3-22

SACS klop Dale College met 6 paaltjies

 

DAG 4

Rondebosch Boys’ High vs St Andrew’s Skool

St Andrew’s Skool 48/10 na (16.3)

Naude Botha 16

Graeme Engelbrecht 2.3 – 4 vir 0

David Simon 6 – 3 vir 28

Rondebosch Boys’ High 51/1 na (7.1)

Jordan Neill 25

Noah Heath 15*

Rondebosch Boys’ High klop St Andrew’s Skool met 9 paaltjies

 

Somerset College vs Graeme College

Somerset College 205/10

Nic Rieth 96

Callum Hughes 30

Aphiwe Mnyanda 7-1-26-2

Graeme College 149/10

Onosizo Ntinga 37

Thomas Parsons 8-0-35-4

Somerset College klop Graeme College met 56 lopies

 

Paul Roos Gimnasium vs Selborne College

Paul Roos Gimnasium 281/7 na (50)

Josh Jordaan 99 off (124)

Luca Plekker 47 off (63)

Adam Rodgers 10-1-45-3

Selborne College 159/10 na (43.3)

Hayden McKay 42* off (69)

Riley Norton 7.3-2-16-4

Paul Roos Gimnasium klop Selborne College met 122 lopies

 

Parel Vallei Hoërskool vs Dale College

Parel Vallei Hoërskool 288/5

Joshua Pretorius 57

Quan van der Merwe 52

Dale College 72/10

Sibulele Makaleni 6-0-14-4

Parel Vallei Hoërskool klop Dale College met 216 lopies

 

Paarl Gimnasium vs Queens College

Queens College 186/10 na (43)

R Denston 44

K Klaas 41

Charles King 10-0-34-5

Paarl Gim 187/3 na 38.2 boulbeurte

M Daling 70*

A Louw 52*

Paarl Gimnasium klop Queens College met 7 paaltjies

 

Bishops College vs Union Hoërskool

Union 49/10 na (19.2)

Tiaan Louw 6-0-13-3

Matthew Brodziak 5-0-9-3

Bishops 50/0

Kashief Joseph 21*(20)

Bishops College klop Union Hoërskool met 10 paaltjies

 

Pearson College vs Wynberg Hoërskool

Pearson 256/8 (50)

Cayden Wilson 76(75)

Owen Reineke-Barnard 60(93)

Wynberg 186/10 (41.2)

Paul James 66(58)

Jayden Groenewald 6.2-0-16-5

Pearson College klop Wynberg Hoërskool met 70 lopies

 

SACS vs Outeniqua Hoërskool

SACS 352/6

Wyngaard 85

Conrad 90

Anderson 71*

Outeniqua Hoërskool 102/10

Whitehead 3-15

SACS klop Outeniqua Hoërskool met 250 lopies

 

Four great days of cricket.

With thanks to Wilhelm’s Auto

USA Scholarship opportunities for Grade 11 & 12 students on 15 August 2023 – Online Webinar 18:00pm

Dear Grade 11 & 12 Students, Parents / Guardians,

USA Scholarship opportunities for Grade 11 & 12 students on 15 August 2023 – Online Webinar 18:00pm.

We have an online LIVE session for all matric students regarding scholarships and bursaries for overseas study. This session will be hosted ONLINE by IAM360 who currently assist 000s of South African students find scholarships and placements to overseas institutions.

There is a level for every general student or student athlete, so we encourage you all to attend to find out more as the purpose is to make studying abroad more affordable for everyone.

Please click here to register to receive your entry link to the webinar: https://event.webinarjam.com/register/161/33lkniwk
(There will be no replay as presentations are held live)

This session will be hosted online live at 18:00pm (SA Time) on 15 AUGUST 2023

By the end of the 60-minute LIVE Information session you will know:
• How to receive university bursaries that others do not know exist
• How the USA lets you study the degree of your choice, regardless of subject choices.
• The types of scholarships you may be eligible for
• You will learn about other South African students and athletes currently in the US having the time of their lives

We strongly encourage anyone who is interested in overseas study to attend the LIVE webinar as this is an exclusive event and the scholarships will not be provided again to this Grade level in 2023.
At least one Parent / guardian is required to attend in order for students to explore this opportunity further and qualify for an international scholarship. As the session is hosted online, parents and or guardians can login independently to the pupils.

REGISTER HERE: https://event.webinarjam.com/register/161/33lkniwk

Webimar _ Study in the USA _ Grade 11 and 12 learners

Parent and Son Golf Day – 3 October 2024 | Ouer-en-Seun Gholfdag – 3 Oktober 2024

SAVE THE DATE | DAGBOEK

In 2024 skei PRG-gholf die tradisionele Rector’s Cup van die Ouer-en-Seun Gholfdag.

 

OUER-EN-SEUN GHOLFDAG

Op 3 Oktober 2024 sal 160 spelers kan deelneem aan die Ouer-en-Seun Gholfdag.

Make sure you diarise this event soonest.

The Parent and Son Golf Day is made possible by Private Wealth Management.

RECTOR’S CUP

The Rector’s Cup will be hosted on the 14th of October 2024.

60 Paul Roosers gaan aan die Rector’s Cup kan deelneem.

The Rector’s Cup is made possible by Mercedes-Benz Stellenbosch

 

2023 PARENT & SON RECTOR’S CUP

On 10 October PRG Golf hosted its annual Rector’s Cup alongside a special Parent & Son Golf Day.

Twee-en-dertig spanne het in dié twee kompetisies deelgeneem op die dag.

A wonderful time was had by families who enjoy golf. This annual event serves as a fundraiser for PRG Golf and was once again well supported by parents, corporate companies and local businesses who all contributed towards the success of the day.

Baie dankie aan hoofborg Mercedes-Benz Stellenbosch, ondersteunende borg Private Wealth Management en gatjieborge Boland Bouers, Karlien van Zyl, Vitafit Aday, Investec, Pro Shop – Somerset West Golf Club en Connect Architects. Julle bydrae het gesorg vir ‘n feestelike atmosfeer op die baan. ‘n Verdere woord van dank aan fotograaf EJ Langner en SuperPhoto Somerset Mall vir die geraamde fotos wat elke deelnemende span kon huis toe neem.

Thank you for capturing our players’ special moments and sharing it with them.

 

RECTOR’S CUP + PARENT & SON WINNERS:

We would like to acknowledge and congratulate the following winners of the Rector’s Cup and Parent & Son competitions which took place at De Zalze Golf Estate on 10 October 2023.

Parent & Son Winners:
  1. 1st Place: Donny & Devin Peterson (score of 48) (proud winners of Mercedes-Benz Golf bags)
  2. 2nd Place: Rianne & Sebastian Oosthuizen (score of 47)
  3. 3rd Place: Kobus & MJ Smit (score of 45)
Rector’s Cup Winners:
  1. 1st Place: Nicholas van der Vyver (score of 71) (proud winner of the Rector’s Cup 2023 & complimentary Mellins Sunglasses)
  2. 2nd Place: Andries van der Vyver (score of 73)
  3. 3rd Place: Christo Bruwer (score of 75)
We would like to thank the De Zalze Golf Club for hosting our Parent and Son Golf Day and the annual Rector’s Cup. Another shout out to our prize sponsors Mercedes-Benz Stellenbosch, Mellins Eyeware, Foreshore, Wilderer Gin, Rupert & Rothschild, Arabella, Stettyn Wines, Beeslaar Wines, Safari & Outdoor, Pro Shop Somerset-West, Stellenbosch Golf Club and Boord Spar. Thank you!

To view the PRG Parent & Son Rector’s Cup Auction Brochure click on the link below:

PRG Parent & Son Rector’s Cup 2023 Auction Brochure 2023

 

PRESTIGIOUS ASSOCIATIONS ARE THE NAME OF THE GAME

 

It was an exciting moment when our marketing office could hand over a special golfing auction prize after the annual Parent & Son Golf Day in aid of golf development at Paul Roos Gymnasium. A big thank you to Leopard Creek and Hamilton’s Lodge for supporting Paul Roos Gymnasium. A fantastic day of golf, paired with accommodation on the Riverside Farm, only 500m from the Kruger National Park’s Malelane Kruger gate, is around the corner for Mr. Bruwer and guests. The support of prestigious establishments like Leopard Creek and Hamilton’s Lodge make it possible for PRG to create opportunities for its learners!

 

Tertius Bruwer bought the Leopard Creek and Hamilton’s Lodge voucher in support of PRG Golf. Happy golfing. We hope you enjoy your stay at Hamilton’s Lodge.

 

 

It is time for the annual PRG Rector’s Cup again!

This annual golfing event is very popular and in aid of PRG Golf. Where? De Zalze Golf Estate.

Thank you to the golf parent committee who is faithfully working with PRG’s golf manager and marketing office to ensure a successful and memorable golf day and fundraiser.

Hierdie jaar is besluit om alle ouers uit te nooi om deel te neem. Mans en vroue (ouers / mentors) is welkom om saam met hul seuns in te skryf!

A second fantastic change to this year’s Rector’s Cup is the R100 000 prize for the lucky individual who manages to hit a hole in one on the 12th hole (de Zalze Golf Estate). The winner will receive R50 000, while the other R50 000 will be donated to PRG Golf.  How fantastic!

Parents / mentors and their sons can enter a 4-ball or 4 learners can enter a 4-ball to compete in the Rector’s Cup. There will be special prizes up for grabs:

  • Rector’s Cup prizes for the learners: 1st, 2nd & 3rd place
  • Additional prizes (1st, 2nd & 3rd places) for the parents/mentors and sons who collectively manage to score the best points during the course of the day.

Dié wonderlike dag van gholf eindig met ‘n ete, ‘n veiling en ‘n gesellige kuier met familie en vriende. Fantastiese items is dié jaar op die veilingslys! Daar is iets vir gholfliefhebbers, smulpape, wyn- en whiskey liefhebbers. So moenie vergeet om op dié blad te kom loer watter items opgeveil gaan word nie. Die brosjure sal ongeveer 2 weke voor die Rector’s Cup bekendgestel word.  Alle borge sal ook hier aangekondig word. Slegs 29 4-balle is te koop. Maak seker jy skaf onmiddellik jou kaartjies via Quicket aan.

Tickets include a goodie bag, a golf shirt, halfway refreshments, dinner & the opportunity to win R50 000!

Buy your tickets here | Koop jou kaartjies hier: Klik hier

A shout out to Mercedes-Benz Stellenbosch – our PRG Golf sponsor – who also donated fantastic prizes.

Thank you to Private Wealth Management for sponsoring the beautiful golf shirts.

PRG-toneel se vere is uitgeskud en reg vir die jaar se tienertoneelkompetisies

Op 25 en 26 Julie het Paul Roos Gimnasium se onderskeie toneelgroepe hul nuutgeskepte toneelstukke vir die eerste keer voor gehore opgevoer. PRG-toneelweek is ‘n spesiale week in die PRG-kultuurprogram – waarin Paul Roos se jong akteurs die kans kry om die twee toneelstukke wat hulle vir verskeie tienertoneelkompetisies ingeskryf het, voor ‘n ondersteunende gehoor te toets. Op Dinsdagaand het Paul Roos-leerders en hul vriende van omliggende skole aan mas opgedaag om soos tradisie vereis – hul mede-leerders te ondersteun. Op Woensdagaand het Paul Roos se kultuurborge, PRG-personeel sowel as personeel van buurskole, ouers en familielede die geleentheid geniet om ‘Broers’ en ‘Valdeur’ te ervaar. Beide stukke was goed ontvang. Paul Roos Gimnasium neem heel eerste deel aan die Klein Libertasteater Tienertoneelfees (27 Julie – 1 Augustus 2023). Paul Roos speel 1 Augustus om 15:30 (Val(deur)) en 17:15 (Broers). Die tienertoneelfees vind plaas by Hoërskool Stellenbosch. Op Vrydag, 4 Augustus sal Paul Roos se twee produksiespanne die pad F   raserburg toe aanpak – waar hulle deelneem aan die Fraserburg Logan Toneelfees (1 – 5 Augustus 2023). Die Paul Roosers speel op Vrydag, 4 Augustus as deel van die oggendprogram by Hoërskool Fraserburg. Hierdie twee kompetisies word gevolg deur die Hoërskool Durbanville Toneelfees wat die 15de Augustus plaasvind en die groot hoogtepunt – die streeksronde van die ATKV-tienertoneelkompetisie wat op 26 Augustus by die Baxter Teater in Kaapstad plaasvind.